75 000 Dosisse AstraZeneca-kom vandag in die land aan

Die Namibiese gesondheidsministerie het bevestig dat 75 000 dosisse van die AstraZeneca-entstof vandag in die land aankom. Dit word gereserveer vir mense wat reeds die eerste inenting van hierdie spesifieke entstof gehad het. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van die ministerie, het ‘n beroep gedoen op mense wat reeds met die eerste dosis van die Astra Zeneca -entstof ingeënt is, om so gou as moontlik by die inentings-punte aan te meld as die entstof beskikbaar is.