La Palma deur talle klein aardbewings geskud

Talle klein aardbewings het die Spaanse eiland, La Palma, geskud terwyl lawa uit ‘n vulkaan na die see vloei waar dit wolke suur stoom kan veroorsaak. Internasionale media berig ‘n nuwe vulkaanmonding het ook vandag oopgegaan. Die oorspronklike uitbarsting het ná ‘n week van duisende klein aardbewings gevolg. Sowat 6 000 mense, insluitend toeriste, is ontruim. Sedert die uitbarsting Sondagaand begin het, is 150 huise vernietig.