Sekere parlementslede van opposisiepartye toegang tot die parlement geweier

Verskeie opposisiepartye het vandag ‘n vreedsame optog teen die volksmoord-ooreenkoms in Onafhanklikheidsrylaan in die hoofstad tot by die parlement gehad. Toe die betogers by die parlement opdaag, is Joseph Kauandenge, Nudo se sekretaris-generaal en lid van die Nasionale Vergadering, asook McHenry Venaani, president van die Popular Democratic Movement, toegang tot die parlement geweier, volgens Kauandenge. Hy het in die parlement aan die speaker, professor Peter Katjavivi gevra of die parlement aan Swapo behoort, want Swapo-lede is nooit toegang geweier nie. Dit het in chaos in die Nasionale Vergadering ontaard.

Professor Katjavivi gee sy reaksie op Kauandenge se vraag…