KZN het geen geld van regering ontvang nie

Die DA in KwaZulu-Natal sê hy is geskok dat die vloedvernielde provinsie geen geld van die nasionale regering gaan ontvang nie. Dis ten spyte van die regering se versekering dat hy die provinsie met 1 miljard Suid-Afrikaanse rand uit die noodfonds van die Nasionale Ramphulpfonds sal help. Die LUR vir Finansies, Nomusa Dube-Ncube, het die onthulling gemaak. Die DA-lid, Francois Rodgers, sê die provinsie sal nou maar sy reeds beperkte begroting moet herbeplan om die bedrag beskikbaar te stel: