Swapo moet eerder aandag gee aan probleme as om te wil spioeneer

Volgens dr. Job Amupanda van die Affirmative Repositioning-beweging, het die regering regulasies om op Namibiese burgers te spioeneer goedgekeur. Amupanda het gesê die inligtingsministerie gaan binne weke verdere regulasies ontwikkel om MTC, TN Mobile en Paratus se stelsels verenigbaar met Nasionale Intelligensie te maak. Die Wetsontwerp op die Toegang tot Inligting sal egter verder in die Nasionale Vergadering bespreek word wanneer die parlement op 7 Junie hervat. Politikus Imms Nashinge sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibië het groter kwessies om te takel as om te wil spioeneer op sy mense.