Switserse owerhede vind 500kg kokaïen in koffiebesending

Die Switserse polisie sê hulle het beslag gelê op 500 kilogram kokaïen van ‘n besending koffie wat na ‘n Nespresso-fabriek gestuur is. Werkers by die aanleg in Romont het die owerhede gewaarsku nadat hulle wit poeier in sakke koffiebone gevind het. Die polisie het ondersoek ingestel en later meer dwelms in vyf skeepshouers gevind. Dit wil voorkom asof die besending van Brasilië af gekom het. Die kokaïen waarop beslag gelê is, was 80 persent suiwer en het ‘n geraamde straatwaarde van byna 50 miljoen euro of, net meer as 843 miljoen Namibiese dollar. Die kokaïen was waarskynlik vir die Europese mark bestem.