KZN: Dodetal styg verder

Nog 26 mense is in die KwaZulu-Natalse oorstromings dood. Dit bring die amptelike dodetal op 461 te staan, met 87 mense wat steeds vermis word. Die provinsie is in April en Mei deur vloede geteister, wat skade aan huise, paaie, brûe, water- en elektrisiteitsinfrastruktuur aangerig het. Premier Sihle Zikalala sê daar is nog 23 ongeïdentifiseerde liggame: