Skotland se leier bedank as hoof van SNP

Skotland se leier, Humza Yousaf, het bedank as hoof van die pro-onafhanklikheid Skotse Nasionale Party, die SNP. Dit kom ná ‘n week van chaos wat veroorsaak is deur sy skrap van ‘n koalisie-ooreenkoms met Skotland se Greens-party. Hy kon toe nie genoeg steun kry om wantroue-mosies teen hom wat later vandeesweek verwag is, te oorleef nie. Vroeër hierdie maand het die meningspeilingsfirma YouGov gesê die Arbeidersparty het die SNP vir die eerste keer in ‘n dekade verbygesteek in stemvoornemens vir die verkiesing later vanjaar.