SA kan warm winter verwag, sê kenners

Kenners voorspel ‘n warm winter vir ‘n groot deel van Suid-Afrika, weens die voortslepende El Niño-klimaatspatroon. El Niño-verwante klimaat word gekenmerk deur bo-gemiddelde temperature en baie laer reënval gedurende die November-April-seisoen. ‘n Klimaatwetenskaplike, Peter Johnston, het aan die SABC gesê verwagtinge vir die land dié winter sal hoër temperature en minimum reënval in sommige streke insluit.