Rekordpryse by Super Game-veiling behaal

Die Super Game en Okosongoro Safari Ranch se jaarlikse Boma-wildveiling op die plaas Okosongoro in die Kalkfeld-distrik was ‘n reuse-sukses en al die diere is op die veiling verkoop. ‘n Swartwitpensbul met horings van 50 duim lank is vir 840 000 Namibiese dollar verkoop, ‘n gemsbokkoei met skewe horings van 49 en ‘n drie-kwart duim lank vir 252 000 dollar, ‘n jong lechwe-ram met horings van 30 duim lank 200 000 dollar, alpakkas vir 195 000 dollar en seekoeie vir 170 000 dollar. Henno Bandehorst van Agra Veilings sê die witrenosters is almal vir goeie pryse verkoop en die vlaktewild het bo verwagting goed gedoen.