Kyrgios se gedrag maak hom ongewild

Ondersteuners van regoor die wêreld kritiseer Nick Kyrgios na die Australiër se jongste uitbarsting. Hy het twee van sy rakette gebreek nadat hy teen die Rus, Karen Khachanov, in die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope verloor het. Kyrgios is berug vir sy uitbarstings oor die jare en is net verlede week beboet omdat hy in die rigting van sy eie span-losie gespoeg het. Verskeie mense het gesê Kyrgios se gedrag kan nie langer as passievol of gedrewe beskryf word nie en volgens ‘n Australiër doen hy sy land oneer aan.