Kwafela Oshiwana-stigting help nóg mense in nood

Die Kwafela Oshiwana-stigting, wat beteken help die nasie, het weer mense in nood gehelp. Die stigting het verlede jaar tydens die Covid-pandemie en inperking by die kus mense in nood in Walvisbaai begin help. Hulle het onlangs ‘n Walvisbaaise vrou gehelp wat ‘n suurtstofmasjien nodig gehad het nadat haar longe deur die Covid-virus beskadig is. Die stigting het ook hulp van ‘n eienaar van ‘n boeremark op Ondangwa gekry om ‘n watertenk aan die Angolese vlugtelinge in die Omusati-streek te skenk. Dr. Ben Mulongeni, voorsitter van die stigting, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.