Sowat 1,7 miljoen registreer vir SA verkiesings

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se hoof, Sy Mamabolo, sê 1,7 miljoen mense het die naweek geregistreer om in Suid-Afrika te stem. Hiervan was meer as 430 000 nuwe registrasies. Die OVK het die publiek op hoogte gebring van die kieserregistrasie-veldtog. Mamabolo sê die toestel vir kieserregistrasie het die proses om aansoeke te verwerk, versnel. Hy sê die meeste nuwe registrasies was jong mense.