Swapo eis nuwe verkiesings by Ndonga Linena-kiesafdeling

Die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, het vandag tydens ‘n mediakonferensie ‘n beroep op die Verkiesingskommissie van Namibië gedoen om nuwe verkiesings vir die Ndonga Linena-kiesafdeling in die Kavango-Oos-streek te organiseer. Die hoërhof het die uitslag van die plaaslike verkiesing in dié kiesafdeling vroeër ongeldig verklaar het. Die Swapo-kandidaat, Kampota Shiwana, is ook as die wenner ook ongeldig verklaar. Die Verkiesingskommissie sal die hofbevel uitvoer en die stembriewe Donderdag in die teenwoordigheid van alle politieke partye oortel. Shaningwa het gesê dit is roekeloos en verregaande van die Verkiesingskommissie.