Kunsmatige intelligensie ‘kan nie onderwysers vervang’

Kunsmatige intelligensie en die moontlikhede daarvan is op almal se lippe, maar dit lyk of nie alle werke daardeur bedreig word nie. Onlangse verslae dui aan, terwyl kunsmatige intelligensie die potensiaal het om ‘n rewolusie in die onderwys teweeg te bring, kan dit nie die behoefte aan menslike onderwysers heeltemal vervang nie. Navorsingsbevindings lui die funksionaliteit van kunsmatige intelligensie bly beperk in die onderwysveld. ‘n Produk van die Stadio School of Education en onderwyser, Florance Vermeulen, beklemtoon die deurslaggewende rol wat opvoeders speel in die aanpassing by veranderende tegnologie en die koestering van noodsaaklike vaardighede by leerders. Hy sê onderwysers is mentors, gidse en fasiliteerders van die leerproses.