Hulptoelae vir kinders steeds onder armoedeperk

Die Sentrum vir Maatskaplike Ontwikkeling in Afrika aan die Universiteit van Johannesburg het die hoop uitgespreek dat wysigings aan beleid aangebring sal word ná die vrystelling van die kinderarmoede- en kindersteuntoelae-hersieningsverslag. Die buurland se maatskaplike ontwikkeling-minister, Lindiwe Zulu, het met die vrystelling van die verslag die noodsaaklikheid benadruk dat sekere kindersteunbeleide herondersoek moet word. Die direkteur van die sentrum, Lauren Graham, het aan Newzroom Afrika gesê die kindersteuntoelae van 510 Suid-Afrikaanse rand is steeds ónder die armoedeperk en aanpassings mag nodig wees.