KSA se transformasieverslag is eensydig – AfriForum

Die burgerregte-organisasie AfriForum het advokaat Dumisa Ntsebeza se verslag oor transformasie in Suid-Afrikaanse krieket as eensydig afgemaak. Die groep sê die verslag gaan net oor wit spelers as die skuldiges, maar verswyg wat hulle noem die blatante en institusionele diskriminasie en rassisme van die kwotastelsel. Die groep se bestuurder vir sport, Ronald Peters, verwerp die slotsom dat AB de Villiers teen ‘n medespeler gediskrimineer het bloot omdat hy die meriete van ‘n spankeuse bevraagteken het: