Krieket: Geen ekstra dag vir derde toets tussen Proteas en Engeland

Krieket: Die derde toets tussen Suid-Afrika en Engeland sou ‘n paar minute gelede op die Oval hervat word. Twee dae se spel is gekanselleer weens reën en die dood van koningin Elizabeth. Krieket Suid-Afrika kon intussen nie instem tot die plan van die Engelse Krieketraad om nog ‘n dag by te voeg nie, want die Proteas keer Dinsdag terug. Sou hulle hul vertrek uitstel, sou dit hulle met minder tyd tuis laat voor hulle vertrek na Indië vir die Een-Dag- en T-20-Internasionale reekse.