Krieket: Drie Protea-snelboulers vir IOK-toekennings benoem

Krieket: Die Protea-snelboulers, Kagiso Rabada en Shabnim Ismail, en die veelsydige Marco Jansen, is die enigste Suid-Afrikaners wat benoem is vir die 2022-toekennings van die Internasionale Krieketraad. Rabada is benoem as die IKR se Toets-speler van die Jaar. Ismail het die jaar afgesluit as die vrou met die meeste paaltjies in eendagkrieket, met altesaam 37 paaltjies in 17 eendag-wedstryde. Jansen is benoem vir die IKR-toekenning as die Opkomende Manskrieket-speler van die Jaar na ’n deurbraak-jaar met die kolf en bal vir die Proteas.