Australië eis ook negatiewe Covid-toets van reisigers van China

Australië is die jongste land wat ‘n negatiewe Covid-toets van reisigers van China vereis voordat hulle in die land toegelaat word. China het volgens berigte ‘n groot opswaai in nuwe gevalle ervaar sedert die land verlede maand sy zero Covid-beleid opgeskort het. Australië se minister van gesondheid, Mark Butler, sê die besluit sal die land beskerm teen die potensiële risiko van nuwe Covid-variante. Butler sê die Wêreldgesondheidsorganisasie het die gebrek aan inligting oor die situasie in China uitgewys, en maatreëls aanbeveel. Hy sê die situasie verander vinnig en dit is verstaanbaar dat verskeie lande in Asië, Noord-Amerika en Europa maatreëls ingestel het.