Krieket: Aussies is in beheer van laaste toets teen Proteas

Krieket: Australië is in beheer op die eerste dag van die derde en laaste toets teen Suid-Afrika in Sydney, ondanks ‘n vroeë deurbraak vir die Proteas. Marco Jansen het in die vierde boulbeurt op die SCG ontslae geraak van David Warner, met die totaal op 12. Die Suid-Afrikaans-gebore Marnus Labuschagne en Usman Khawaja het toe egter vasgeskop met ‘n vennootskap van meer as ‘n honderd lopies. Labuschagne is uitgehaal vir 79 en toe swak lig spel laatmiddag tot stilstand gedwing het was Khawaja op 54, en die totaal 138 vir een.