Energie-veiligheid ‘n top-prioriteit in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê om die provinsie meer energie-veilig te maak, sal vanjaar ‘n top-prioriteit vir sy regering bly. Hy het gepraat tydens ‘n besoek aan Taylor Technology in Macassar, Kaapstad, nadat die maatskappy 280 sonpanele geïnstalleer het om beurtkrag te oorleef. Verlede jaar het die provinsie 3 630 kumulatiewe beurtkrag-ure gehad. Winde sê ekonomiese herstel, en werkskepping, kan nie onder dié omstandighede plaasvind nie.