Kommer oor moorde op Gautengse polisielede

Die Suid-Afrikaanse polisie is besorg oor die voortgesette moorde op lede van die polisie in Gauteng. Dit volg nadat die 52-jarige adjudant-offisier Ntshidi Marutla tydens ʼn stop-en-deursoek-operasie in Rosettenville, Johannesburg ontwapen is toe sy dienspistool afgeneem is en hy daarna noodlottig gesteek is. Nog ʼn lid het ʼn steekwond opgedoen en is hospitaal toe geneem. ʼn Woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê in ʼn ander voorval is ʼn lid van die polisie deur vier mans by sy huis doodgeskiet.