Kovsies keer tydelik terug na aanlyn lesse

Die Universiteit van die Vrystaat het tydelik teruggekeer na aanlyn lesse ná voortdurende ontwrigtings by die hoofkampus in Bloemfontein. Die woordvoerder, Lacea Loader, sê die hersiene reëlings sal na verwagting vir die volgende drie weke voortduur. Loader voeg by rekenaar-laboratoriums sal oop bly vir alle ingeënte studente en tien giga-grepe data sal ook verskaf word. Die Suid-Afrikaanse Studentekongres het beloof om met versetoptrede aan te gaan tot die universiteit aan hul eise voldoen.