Pres. Geingob gee wyle Alpheus Muheua ‘n amptelike begrafnis

President Hage Geingob het bevestig dat die voormalige adjunkminister van arbeid en vakbondman, wyle Alpheus Muheua tydens ‘n amptelike begrafnis begrawe sal word. Die 65-jarige Muheua het volgens sy familie weens Covid-komplikasies gesterf. Geingob het in ‘n mediaverklaring vandag gesê Muheua het onverpoosd vir die regte en beter werksomstandighede vir Namibiese werkers geveg.