Kovsies eis ook inenting, of PCR-toets

Die Vrystaatse Hooggeregshof het ‘n aansoek vir ‘n tussentydse interdik teen die Universiteit van die Vrystaat se beleid vir die verpligte inenting teen Covid-19 van die rol geskrap. Die universiteit sê die groep Free State for Choice se aansoek is van die hand gewys weens sy onvermoë om te bewys dat dit dringend was. Personeel, studente en besoekers moet van Maandag af óf ingeënt wees, óf moet oor ‘n onlangse negatiewe Covid-19-bewys beskik, óf ‘n goedgekeurde vrystelling hê ten einde die kampus te kan betree.