Withuis-dokumente in Trump se kleinhuisie?

‘n Komitee van die Amerikaanse Kongres ondersoek die voormalige president Donald Trump se hantering van rekords ná 15 kartondose vol dokumente van sy Florida-oord na ‘n federale agentskap oorgeplaas is. Die komitee probeer vasstel of daar geklassifiseerde inligting in die dokumente is. ‘n Boek wat binnekort verskyn en deur die New York Times-joernalis Maggie Haberman geskryf is, sê personeel het dokumente ontdek wat in Trump se ampstermyn in sy toilet in die Withuis beland het. Die voormalige president het dié inligting ontken.