Kostes van privaatskole – dit handel oor vraag en aanbod

Na beroepe in die Nasionale Vergadering dat die fooie van privaatskole gereguleer moet word, ook deur die adjunk-onderwysminister Natalia Goagoses, het die privaatsektor gereageer. Volgens Colette Riekert, uitvoerende direkteur van Curro Windhoek Gimnasium handel dit oor vraag, aanbod en die diens wat gelewer word. Ouers kan mos kies, meen sy.