Juventus moet Ronaldo N$196m betaal

‘n Hof in Italië het Juventus opdrag gegee om sy voormalige speler Cristiano Ronaldo 196 miljoen Namibiese dollar te betaal vir salaris wat hulle hom skuld. Portugal se kaptein het ingestem om sy salaris uit te stel toe die sport in die 2020/21-seisoen weens die Covid-19-pandemie stopgesit is. Hy het aanvanklik 404 miljoen Namibiese dollar geëis. Die hof het bevind hy behoort betaal te word wat hy sou ontvang het na aftrekkings. Ronaldo is in 2021 weg by Juventus na drie seisoene waarin hulle twee Serie A-titels gewen het. Hy speel tans vir Al Nassr in Saoedi-Arabië.