Korttermyn-versekering sukkel

Plaaslike berigte lui dat winste voor belasting van die korttermyn-versekeringsbedryf in die derde kwartaal van verlede jaar met amper 66 persent afgeneem het teenoor die tweede kwartaal en op 63,8 miljoen dollar gemeet is. Die bedryf se beleggings het ook met 41,8 persent afgeneem op ‘n kwartaallikse basis en die bedryf se bates het met 1,5 persent gekrimp. Dit is volgens kenners ‘n aanduiding van die druk waaronder huishoudings en besighede verkeer sowel as ‘n toename in verskeie eise, aangedryf deur die pandemie en die gepaardgaande maatreëls.