DNS-agterstand vertraag doodsertifikate

Familielede van die 16 oorledenes in die gru-ongeluk op die B1 tussen Okahandja en Otjiwarongo op 10 Desember verlede jaar sal moet wag vir doodsertifikate. Die identiteite van die sterfgevalle is reeds bekend maar, geen doodsertifikaat kan uitgereike word voor DNS-toetse nie gefinaliseer is nie. Vyftien van die sterfgevalle het onherkenbaar gebrand en DNS-monsters is reeds geneem, maar, daar is reeds ‘n agterstand van 4 000 toetse en die reagense is volgens berigte baie duur en plaas druk op die begroting. Die hoof van Nampol se forensiese eenheid, kommissaris Nelius Becker het ‘n beroep op naastebestaandes gedoen om geduldig te wees.