Korrupsie in SA – niks word gedoen nie

Corruption Watch sê niks het gekom van leiers se verklarings en ondernemings dat hulle korrupsie sal uitroei nie, en daar was geen werklike gevolge vir diegene verantwoordelik vir wydverspreide korrupsie in Suid-Afrika nie. Transparency International se jongste Korrupsie-persepsie-indeks plaas Suid-Afrika 44ste uit 180 lande. Die plasing is gedoen op grond van korrupsievlakke in die openbare sektor, gemeet op ‘n skaal van nul tot honderd, met nul die hoogste vlak. Karam Singh van Corruption Watch sê die persepsie van hoe Suid-Afrika vaar in sy pogings om werklik van korrupsie ontslae te raak, is dalk te verstane.