New York: Wapengeweld as gesondheidskrisis bestempel

New York se burgemeester Eric Adams sê wapengeweld is ‘n openbare gesondheidskrisis in Amerika. Hy het ‘n ambisieuse plan onthul om wapengeweld hok te slaan. Dit volg ná die dood van ‘n beampte van die New Yorkse polisiedepartement wat verlede week op ‘n klag van huishoudelike geweld gereageer het. Vyf New Yorkse polisiebeamptes is reeds hierdie maand geskiet. Adams sê die plan sluit in dat meer beamptes op patrollies gaan en die toename in wapens wat die stad ingebring word, beheer word: