Digitale onderrig moet ontwikkel word – minister

Die Namibiese minister van onderwys Anna Nghipondoka sê die pandemie het die bestaande uitdagings van onderwys in die land vererger. In haar mening is dit broodnodig dat digitale onderwysstelsels in die land ontwikkel en bevorder word. Namibië is bekend daarvoor dat toegang tot die internet en ander tegnologie kortskiet, veral in landelike gebiede wat onderrig tydens 2020 en 2021 uiters moeilik gemaak het. Nghipondoka sê die ministerie moet bygestaan word deur rolspelers en die privaatsektor om die uitdagings aan te spreek. Sy het onderwysers aangemoedig om hul bes te gee en te verseker dat geen leerder agter gelaat word nie.