Kontantlose betaalstelsel in toerisme word bevorder

SANParke gaan van die eerste van volgende maand af by 12 parke ‘n kontantlose betaalstelsel gebruik en in Namibië moedig toerisme-organisasies dit ook aan. SANParke se hoof finansiële beampte, Dumisani Dlamini, sê besoekers sal aangemoedig word om voorafbetaalde stelsels vir besprekings of die snelbetaalstelsels in die parke te gebruik. Namibia Wildlife Resorts moedig ook toeriste aan om liewer kredietkaarte as veiligheid- en gesondheidsmaatreël te gebruik, veral nou tydens van die pandemie. NWR se kommunikasiehoof Mufaro Nesongano, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.