Veediefstal word deur sindikate gedryf

Veediefstal in Namibië neem toe en boere ly groot finansiële skade weens die verlies van hul vee. In die Namibiese polisie se misdaadverslag word weekliks hoë getalle van veediefstal berig. In die meeste gevalle word die gesteelde vee nie teruggevind nie of is reeds geslag. Piet Gouws, die president van die Namibiese Landbou-unie, sê veediefstal is kommerwekkend en sindikate is betrokke. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.