Amushelelo ruk op teen Nampol vandag

Die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters-aktivis Michael Amushelelo het aangekondig dat daar vandag ‘n betoging teen die Namibiese polisie by die polisiehoofkwartier sal wees. Amushelelo moedig betogers aan om in groot getalle op te daag, anders sal die land ‘n volgens hom ‘n mafia-staat word as mense stilbly en die regte misdadigers eintlik uniforms dra. Hy het ook belowe om Donderdag voort te gaan met die besetting van onbewoonde huise in Windhoek. Hy het met die dagblad Namibian Sun gepraat.