Kommer or berigte dat fisika, wiskunde in sommige Kaapse skole uitgefaseer word

Die menseregte- en jeug-bemagtigingsorganisasie, Africa Unite, sê die uitfasering van Wiskunde en Fisiese Wetenskap in sommige Wes-Kaapse skole sal lei tot ‘n tekort aan mense in die veld van ingenieurswese, wetenskap en tegnologie. Dit volg nadat media berig het die besluit is geneem weens lae opname en die gebrek aan gekwalifiseerde onderwysers. Die organisasie se woordvoerder, Basetsana Mosia, sê die uitfasering van wiskunde en wetenskap sal leerders ontneem van die geleentheid om probleemoplossings-vaardighede, sowel as analitiese en kritiese denkvaardighede te ontwikkel.