Uganda het Ebola, met Sudan-variant

‘n Ebola-uitbreking is in Uganda verklaar nadat gesondheidsowerhede ‘n geval van die relatief seldsame Sudan-variant bevestig het. ‘n 24-jarige man in Uganda se sentrale Mubende-distrik het simptome getoon en is later dood. Die land se ministerie van gesondheid, in samewerking met die Wêreldgesondheidsorganisasie, sê daar is tans agt vermeende gevalle wat op die oomblik sorg in ‘n fasiliteit ontvang. Spanne is reeds ontplooi om opsporing te doen.