Opknappings by Katutura-hospitaal vorder baie goed

Opknappings by die noodeenheid van die Katutura-hospitaal duur voort en lede van die publiek lewer positiewe kommentaar oor die vordering, en voorkoms, van die eenheid. Die gesondheidsministerie, in samewerking met die Motorvoertuig Ongelukkefonds en Standard Bank, betaal vir die opknappings, wat broodnodig was. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe sê alles verloop baie goed.