Kommer oor toenemende dwelmsmokkel by lughawe

Die Namibiese polisie sê die voorvalle van groot dwelm vondse by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe wek kommer. In die jongste voorval is ‘n man betrap met amper 5 kilogram heroïen met ‘n waarde van 2,4 miljoen Namibiese dollar. Saeed Abdullaha Dludla sal weer op 12 Mei in die hof verskyn. Nampol se ajdunkhoof, generaal-majoor Joseph Shikongo sê hulle is bekommerd oor die voorvalle.