Oekraïense landsburgers kry opleiding vir verdediging

‘n Verregse beweging in die Oekraïne, Azov, is tans besig om lede van die publiek op te lei om hulself te verdedig indien Rusland die land inval. Die spesifieke bataljon vorm deel van die land se Nasionale Wag se spesiale reserwe eenheid. Volgens Denys Prokopenko van die eenheid moet inwoners eerder voorbereid wees.