Kommer oor mans en selfmoord in Namibië

Daar is reeds ‘n geruime tyd groot kommer oor die selfmoord neigings wat plaaslik voorkom. In 2020 het Namibië die vierde hoogste selfmoordsyfer in Afrika gehad en die 11de hoogste wêreldwyd. In die eerste week van Januarie vanjaar het agt mense selfmoord gepleeg in Namibië en die getalle neem tot dusver steeds toe. Die week was die hoofstad geruk met die selfmoord van die 29-jarige Andonuis Shalimba Shitalanghaho in die sentral sakekern. Mans is dalk meer geneig om selfmoord te pleeg soos Dionne Beukes, ‘n kliniese sielkundige van die Sielkundige Vereniging van Namibië verduidelik.