Kommer oor beurtkrag en ID-dokument aansoeke

Die DA het afgekom op ‘n ontstellende stand van sake by Binnelandse Sake-kantore in Suid-Afrika, waar sekere identiteitsdokumente- en paspoort-aansoeke letterlik tydens beurtkrag gewis word. Die moontlikheid dat dit ook die geval is by ander staatsdepartemente is uiters kommerwekkend en die party sal in die komende weke oorsigbesoeke bring om vas te stel of dit inderdaad die geval is. Adrian Roos van die DA sê hy het geskryf aan die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sodat die saak dringend aandag kan kry: