Net in Amerika…

Die polisie in die Amerikaanse deelstaat Georgia het ‘n man uit ‘n omgeslaande polisie-patrolliemotor gered, sekondes voordat dit deur ‘n aankomende trein getref is. Die storie is vreemd maar, volgens berigte het die man die polisievoertuig gesteel, met ligte en al aan, toe die beamptes ‘n ander bestuurder afgetrek het en besig was met hom. Dit het gelei tot ‘n hoëspoed jaagtog waarna die man die motor op ‘n treinspoor gerol het. En toe kom die trein. Hy is net betyds uitgehaal. Hy is lig beseer en staar nou verskeie klagtes in die gesig.