Koedoe in Klein-Windhoek van kant gemaak

‘n Koedoe is vanoggend in Nelson Mandela-rylaan opgemerk. Die dier is van kant gemaak omdat hy vermoedelik dol was. Die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda sê die tipe insident is nie ongewoon nie en lede van die publiek word gemaan om owerhede te kontak en nie self die dier te probeer hanteer nie.