N$500 000 se skaaplewer gesteel

Vyftien verdagtes sal vandag in die Landdroshof in Philippi, Kaapstad verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is weens die beweerde diefstal van skaaplewers ter waarde van 500 000 Namibiese dollar. Volgens polisiewoordvoerder FC van Wyk, het lede van die Maitland Blitspatrollie inligting opgevolg oor mense wat vanaf ‘n adres in Philippi wou vertrek met ‘n spul bokse. Die polisie het met hul aankoms by die adres verskeie voertuie met bokse vol skaaplewers in ontdek. Hulle het tydens ‘n ondersoek ontdek ‘n vragmotor wat skaaplewers vervoer is in die Killarney nywerheidsgebied gesteel.