Besighede aan die kus verheug oor groot getalle besoekers

Besighede aan die kus is verheug oor die groot getalle binnelanders wat die gebied oor die langnaweek besoek het. Die Erongo-streek het een van die langste inperkings in die land gehad en talle besighede het gesluit en werksgeleenthede is verloor. Die tekort aan internasionale besoekers tydens die pandemie het ook ‘n baie groot impak gehad. Volgens Anton von Wietersheim, ‘n bekende sakeman in Swakopmund was dit baie besig.