Koala vandag amptelik as bedreig verklaar

Australië se skattige ikoon, die koala, is vandag amptelik as bedreig verklaar aan die grootste deel van die ooskus van die land in ‘n stap wat dierebeskermingsgroepe as skrikwekkend, maar belangrik bestempel het. Die minister van omgewingsake, Sussan Ley, sê die spesie loop ‘n groot risiko om uit te sterf. Koalas is sedert 2012 as kwesbaar gelys en daarna is hulle bykans uitgeroei deur onder meer bosbrande, droogtes, siekte en ander bedreigings.