Drie Covid-sterftes in twee distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in die distrikte van Opuwo en Okahao aangemeld, asook 42 nuwe gevalle uit 1 077 uitslae wat ‘n positiewe koers van 3,9% is. In die groep is vyf leerders en twee gesondheidswerkers. Daar is nou 2 713 aktiewe gevalle, waarvan 51 pasiënte in hospitale is en slegs twee in hoësorgeenhede. Altesaam 365 943 persone is ten volle ingeënt.